♂
Henry Nr.
a1b4c5d3e1f5g7
Volle naam
Jacobus Willem van Eeden
Noemnaam
Koos
Geslag
Manlik
Gebore
27/07/1862
Swellendam, Western Cape, South Africa
Oorlede
01/11/1943
Ouderdom
81jr 3mde 5dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Gebore op Voorrechtsvlei, dist. Swellendam; sterf in sy dorpshuis; na sy troue in 1886 boer hy eers vir twee jaar op sy skoonpa se plaas Rhenosterfontein, distrik Heidelberg, waar sy eerste twee kinders ook gebore is. In 1889 begin hy boer op Rheenendal, en later erf hy die hele plaas van sy pa. Die ou opstal op Rheenendal het net drie vertrekke gehad, en sy volgende twee kinders word in die ou opstal gebore. Reeds in 1889 het Koos begin om ’n ander opstal te bou, want die ou opstal is eers in 1916 uitgebrei en aangebou tot die huidige grootte. Die gewels van die huis is in 1916 deur ’n bekende Kleurlingbouer - Dolf Trau - gebou. In 1981 is die ou opstal onder Koos se kleindogter Suzanne se toesig gerestoureer en weer een woning gemaak. Koos was drie jaar lank lid van die Kaapse Parlement. Na Uniewording was hy vir 14 jaar LV vir Swellendam en het hy die kiesafdeling Swellendam verteenwoordig as kandidaat van die Verenigde Party (SAP). In 1924 tree hy uit die politiek weens swak gesondheid. Ongeveer 1929 besluit hy om af te tree en rig hy sy tuishuis Rondene - wat hy vantevore van sy skoonpa gekoop het - in om daar te gaan bly. Na sy aftrede verloop die geskiedenis van Rheenendal soos volg. Die plaas word in vier dele opgedeel, sodat vyf van sy sewe seuns daarop kan boer en die onderverdeling vind soos volg plaas: Sy seun Freddie kry ’n deel en hy hernoem dit Schoongesicht. Later bemaak hy Schoongesicht aan sy seun, Kobus Hoender, en Kobus Hoender verkoop dit aan sy neef, Kobus Yster se seun Johannes. Koos se seun Kosie kry ’n deel wat hy later vergroot met die aankoop van sy broer Attie se halwe deel en sy broer Seppie se halwe deel. Kosie bemaak toe die helfte van sy grond, plus die helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het aan sy een seun Kobus Yster en die ander helfte van sy grond plus 'n helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het, bemaak hy aan sy ander seun Streicher. In 1998 boer Streicher en sy seun Jaco steeds op sy deel. Koos se seun Pietie het ’n deel gekry en hy gee sy deel die naam Montana. Later verkoop hy Montana aan sy broer Attie wie dit weer aan sy seun Sextus nagelaat het. Later verkoop Sextus vir Montana aan sy neef Kobus Hoender wie dit weer aan sy seun Freddie bemaak en Freddie verkoop dit aan Eric Streicher om ’n plaas by Alexandria te koop. Koos se seun Attie het ’n halwe deel gekry waarop hy kon boer en in die wyl bedryf hy ook vir ’n jaar lank ’n slaghuis in die ou watermeul op Rheenedal wat hy net Vrydae en Saterdae oopgemaak het vir besigheid. Daardie dae was daar nog baie mense op Rheedendal. Na die jaar verkoop hy sy plaas aan sy broer Kosie om die Van Eeden slaghuis op Swellendam te begin wat hy later weer verkoop om sy broer Pietie se plaas Montana te koop. Koos se seun Seppie het ’n halwe deel gekry wat hy later verkoop aan sy broer Kosie. In 1998 behoort Rheenendal dus aan Johannes g7h7i1j3, Streicher g7h7i2, en sy seun Jaco g7h7i2j2 en Erich Streicher.

Lewenslyn

27/07/1862
Gebore
◎ Swellendam, Western Cape, South Africa
27/04/1886
Getroud met Catharina Johanna van Eeden (nee Badenhorst)
◎ Heidelberg
09/07/1942
Nagelaat van Catharina Johanna van Eeden (nee Badenhorst)
01/11/1943
Oorlede

Wysigingsgeskiedenis

Gewysig
biography: Gebore op Voorrechtsvlei, dist. Swellendam; sterf in sy dorpshuis; na sy troue in 1886 boer hy eers vir twee jaar op sy skoonpa se plaas Rhenosterfontein, distrik Heidelberg, waar sy eerste twee kinders ook gebore is. In 1889 begin hy boer op Rheenendal, en later erf hy die hele plaas van sy pa. Die ou opstal op Rheenendal het net drie vertrekke gehad, en sy volgende twee kinders word in die ou opstal gebore. Reeds in 1889 het Koos begin om ’n ander opstal te bou, want die ou opstal is eers in 1916 uitgebrei en aangebou tot die huidige grootte. Die gewels van die huis is in 1916 deur ’n bekende Kleurlingbouer - Dolf Trau - gebou. In 1981 is die ou opstal onder Koos se kleindogter Suzanne se toesig gerestoureer en weer een woning gemaak. Koos was drie jaar lank lid van die Kaapse Parlement. Na Uniewording was hy vir 14 jaar LV vir Swellendam en het hy die kiesafdeling Swellendam verteenwoordig as kandidaat van die Verenigde Party (SAP). In 1924 tree hy uit die politiek weens swak gesondheid. Ongeveer 1929 besluit hy om af te tree en rig hy sy tuishuis Rondene - wat hy vantevore van sy skoonpa gekoop het - in om daar te gaan bly. Na sy aftrede verloop die geskiedenis van Rheenendaal soos volg. Die plaas word in vier dele opgedeel, sodat vyf van sy sewe seuns daarop kan boer en die onderverdeling vind soos volg plaas: Sy seun Freddie kry ’n deel en hy hernoem dit Schoongesicht. Later bemaak hy Schoongesicht aan sy seun, Kobus Hoender, en Kobus Hoender verkoop dit aan sy neef, Kobus Yster se seun Johannes. Koos se seun Kosie kry ’n deel wat hy later vergroot met die aankoop van sy broer Attie se halwe deel en sy broer Seppie se halwe deel. Kosie bemaak toe die helfte van sy grond, plus die helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het aan sy een seun Kobus Yster en die ander helfte van sy grond plus 'n helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het, bemaak hy aan sy ander seun Streicher. In 1998 boer Streicher en sy seun Jaco steeds op sy deel. Koos se seun Pietie het ’n deel gekry en hy gee sy deel die naam Montana. Later verkoop hy Montana aan sy broer Attie wie dit weer aan sy seun Sextus nagelaat het. Later verkoop Sextus vir Montana aan sy neef Kobus Hoender wie dit weer aan sy seun Freddie bemaak en Freddie verkoop dit aan Eric Streicher om ’n plaas by Alexandria te koop. Koos se seun Attie het ’n halwe deel gekry waarop hy kon boer en in die wyl bedryf hy ook vir ’n jaar lank ’n slaghuis in die ou watermeul op Rheenedal wat hy net Vrydae en Saterdae oopgemaak het vir besigheid. Daardie dae was daar nog baie mense op Rheedendal. Na die jaar verkoop hy sy plaas aan sy broer Kosie om die Van Eeden slaghuis op Swellendam te begin wat hy later weer verkoop om sy broer Pietie se plaas Montana te koop. Koos se seun Seppie het ’n halwe deel gekry wat hy later verkoop aan sy broer Kosie. In 1998 behoort Rheenendal dus aan Johannes g7h7i1j3, Streicher g7h7i2, en sy seun Jaco g7h7i2j2 en Erich Streicher. → Gebore op Voorrechtsvlei, dist. Swellendam; sterf in sy dorpshuis; na sy troue in 1886 boer hy eers vir twee jaar op sy skoonpa se plaas Rhenosterfontein, distrik Heidelberg, waar sy eerste twee kinders ook gebore is. In 1889 begin hy boer op Rheenendal, en later erf hy die hele plaas van sy pa. Die ou opstal op Rheenendal het net drie vertrekke gehad, en sy volgende twee kinders word in die ou opstal gebore. Reeds in 1889 het Koos begin om ’n ander opstal te bou, want die ou opstal is eers in 1916 uitgebrei en aangebou tot die huidige grootte. Die gewels van die huis is in 1916 deur ’n bekende Kleurlingbouer - Dolf Trau - gebou. In 1981 is die ou opstal onder Koos se kleindogter Suzanne se toesig gerestoureer en weer een woning gemaak. Koos was drie jaar lank lid van die Kaapse Parlement. Na Uniewording was hy vir 14 jaar LV vir Swellendam en het hy die kiesafdeling Swellendam verteenwoordig as kandidaat van die Verenigde Party (SAP). In 1924 tree hy uit die politiek weens swak gesondheid. Ongeveer 1929 besluit hy om af te tree en rig hy sy tuishuis Rondene - wat hy vantevore van sy skoonpa gekoop het - in om daar te gaan bly. Na sy aftrede verloop die geskiedenis van Rheenendal soos volg. Die plaas word in vier dele opgedeel, sodat vyf van sy sewe seuns daarop kan boer en die onderverdeling vind soos volg plaas: Sy seun Freddie kry ’n deel en hy hernoem dit Schoongesicht. Later bemaak hy Schoongesicht aan sy seun, Kobus Hoender, en Kobus Hoender verkoop dit aan sy neef, Kobus Yster se seun Johannes. Koos se seun Kosie kry ’n deel wat hy later vergroot met die aankoop van sy broer Attie se halwe deel en sy broer Seppie se halwe deel. Kosie bemaak toe die helfte van sy grond, plus die helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het aan sy een seun Kobus Yster en die ander helfte van sy grond plus 'n helfte van die deel wat hy by sy broer Seppie gekoop het, bemaak hy aan sy ander seun Streicher. In 1998 boer Streicher en sy seun Jaco steeds op sy deel. Koos se seun Pietie het ’n deel gekry en hy gee sy deel die naam Montana. Later verkoop hy Montana aan sy broer Attie wie dit weer aan sy seun Sextus nagelaat het. Later verkoop Sextus vir Montana aan sy neef Kobus Hoender wie dit weer aan sy seun Freddie bemaak en Freddie verkoop dit aan Eric Streicher om ’n plaas by Alexandria te koop. Koos se seun Attie het ’n halwe deel gekry waarop hy kon boer en in die wyl bedryf hy ook vir ’n jaar lank ’n slaghuis in die ou watermeul op Rheenedal wat hy net Vrydae en Saterdae oopgemaak het vir besigheid. Daardie dae was daar nog baie mense op Rheedendal. Na die jaar verkoop hy sy plaas aan sy broer Kosie om die Van Eeden slaghuis op Swellendam te begin wat hy later weer verkoop om sy broer Pietie se plaas Montana te koop. Koos se seun Seppie het ’n halwe deel gekry wat hy later verkoop aan sy broer Kosie. In 1998 behoort Rheenendal dus aan Johannes g7h7i1j3, Streicher g7h7i2, en sy seun Jaco g7h7i2j2 en Erich Streicher.
Danie van Eeden · 07 Okt 2026 09:12
Geskep
Jacobus Willem van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 07 Okt 2026 09:07