Swellendam, Western Cape, South Africa
Biografie
Gebore op Rheenendal. Hy het begin skoolgaan in die Rheenendal plaasskool maar voltooi sy hoërskool opleiding op Swellendam en daarna gaan bekwaam hy homself vir boerdery by die Elsenburg Landboukollege. Vir praktiese ondervinding gaan werk hy eers vir sy swaer, Hannes Grobler, op sy plaas in die Oos-Transvaal. Hy keer egter terug om ook op Rheenendal te boer terwyl hy en sy vrou die helfde van ou opstal bewoon. Later verkoop hy sy deel aan sy broer Kosie en begin die Van Eeden Slaghuis op Swellendam wat hy weer later aan sy broer Pietie verkoop en met die geld koop hy sy broer Pietie se plaas Montana, waarop eers hy en later sy seun Sextus op boer en Attie die ou familieplaas Joubertsdal koop om op te boer. Attie word aangestel as bestuurder van die Dennis Barry Trust wat bestaan het uit vyf plase waarvan twee by Witsand geleë was en al die plase saam het 28 000 morg beslaan en hy gaan woon toe op die plaas Lismore naby Suurbraak. Sy seun Sextus neem die boerdery oor op Montana en boer ook dieselfde tyd op Joubertsdal omdat sy broer Brinkie nog op Oakdale Landbouskool was. Op Lismore het Deepfreeze vir Attie leer ken deur middel van die vrugte en groente wat hy aan hulle fabrieke gelewer het en hulle bied hom 'n pos aan as Tegniese Adviseur van hul plase op Ceres, Riviersonderend en een langs Joubertsdal. Dit was toe dat hy besluit om op Joubertsdal te gaan woon want sy seun Brinkie was nog ongetroud en het sorg nodig gehad. Brinkie het ook bietjie gehelp met Deepfreeze se fabrieke op George en Firgrove naby Somerset-Wes. Toe Attie by Dennis Barry Trust bedank, het sy seun Sextus die bestuur oorgeneem en dit van Montana af bestuur met 'n voorman op Lismore. Toe Brinkie trou, trek Attie Swellendam toe maar bly werk vir Deepfreeze net om nie ledig te wees nie totdat hy op 70 jarige leeftyd aftree. Hy was voorsitter van die Torch Kommando en ook baie lank 'n Kommissaris van Ede. Voor sy dood woonagtig te Eike woonstelle 7, Swellendam.
Familie van Adriaan Lodewyk van Eeden (Attie)
(a1b4c5d3e1f5g7h12)