♂
Henry Nr.
a1b4c5d3e1f5g9
Volle naam
Jacob Douw van Eeden
Noemnaam
Japie
Geslag
Manlik
Gebore
16/03/1866
Swellendam, Western Cape, South Africa
Oorlede
11/10/1951
Swellendam, Western Cape, South Africa
Ouderdom
85jr 6mde 25dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Gebore op Voorrechtsvlei, dist. Swellendam; hy erf 1200 morg van die plaas Nooitgedacht by sy pa en boer daarop met vee, lemoene en groente terwyl hy die opstal langs die Boesmansrivier bewoon wat later die onderste opstal op Mardouw word. In 'n artikel in die destydse Suiderstem is hy vereer as die man van die dag want op daardie stadium was hy lid van veertien plaaslike liggame, waaronder die Boerebystandsraad en die Ouderdomspensioen komitee sorteer het. Hy was ook 'n Landbank waardeerder en het grond waardeer vanaf Kaapstad tot so vêr as Upington en die eilande by Upington. Hy was ook voorsitter van die Caledon Suidwestelike Eksekuteurskamer tot 1951. Generaal Botha het hom gestuur om Boegoeberg te ondersoek vir die vestiging van 'n nedersetting aldaar. Verder het hy ook die landbou waardeer op Riversdale. Sy landbou opleiding het hy by die Oakdale Landbouskool grhad. Hy was ook een van die familiegroep wie 'n besigtigingstoer onderneem het na die Victoria Valle. Sy huis op Swellendam het hy 'Oldenburg' genoem om die stamvader se plek van herkoms te gedenk.

Lewenslyn

16/03/1866
Gebore
◎ Swellendam, Western Cape, South Africa
Voor 21/12/1891
Getroud met Johanna Wilhelmina van Eeden (nee Coetzee)
20/12/1928
Nagelaat van Johanna Wilhelmina van Eeden (nee Coetzee)
Na __/__/1929
Getroud met Maria Magdalena van Eeden (nee van Zyl)
11/10/1951
Oorlede
◎ Swellendam, Western Cape, South Africa

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Jacob Douw van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 10 Okt 2026 21:38