Biografie
Hy voltooi sy hoërskool opleiding aan die Oakdale Landbouskool naby Riversdale waarna hy saam met sy pa op Joubertsdal gaan boer. In die tyd het hy ook gehelp met Deepfreeze se fabrieke op George an Fingrove naby Somerset-Wes. Hy het later sy saaigrond verkoop aan sy buurman, Petro Spamer. 'n Paar jaar later verkoop hy die res van Joubertsdal aan mnr Gunsil wie dit weer aan 'n Van der Merwe verkoop en hy het dit weer aan mnr Ballinger verkoop wie in 1998 nog die eienaar is. Nadat hy in 1979 die boerdery moes opsê as gevolg van 'n seldsame hart probleem, gaan werk hy eers op Swellendam as motorverkoopman vir een jaar. Daarna verhuis hy in 1981 na Bonnievale om by Datsun as verkoopsagent te werk waartydens hy stedelike handelaars uitstof en 'n goue toekenning verwerf waarop hy baie trots is. In 1983 belê hy in 'n winkelgebou en beoog 'n hardeware besiheid, maar gaan werk eers by die opposisie vir ondervinding; later gaan werk hy by die Ou Langeberg Koöperasie vir vyf jaar. In 1990 kry hy 'n werksaanbod by Mooi-uitsig Wynkelders van Boet Jonker as botteleringsbestuurder, waar hy in 1998 nog werksaam is en in beheer is van tussen 52 en 84 werknemers. Woon 1990 Buitesingel, Bonnievale.
Familie van Arend Brink van Eeden (Brinkie)
(a1b4c5d3e1f5g7h12i3)