Swellendam, Western Cape, South Africa
Biografie
Sterf in sy huis te Bosmanspruit; boer te Bosmanspruit, dist. Middelburg, Tvl; hy was vir 3 jaar 'n krygsgevangene in Indië. Eers 'n jaar na die oorlog het hulle hom vrygelaat omdat hy nie die eed van getrouheid wou aflê nie. Jaap het drie plase gehad. Een plaas het hy in twee gedeel en aan twee van sy stiefdogters bemaak. Die tweede plaas, Kopermyn, het hy aan drie van sy broers bemaak en die derde plaas, die ou plaas, het hy aan sy tweede vrou en haar twee seuns bemaak. Toe Jaap nog 'n jong seun was, koop sy pa eendag 'n vark by 'n swartman en sy pa stuur hom met 'n riem om die vark te gaan haal. Op sy pad terug huis toe kom hy 'n groep swart skoliere teë en hulle begin hom molesteer. Jaap wou nie die vark los om homself te verdedig nie en vlug so vinnig hy kon huis toe. By die huis vertel hy sy pa van die voorval. Sy pa is onmiddelik smoorkwaad en gryp sy karwats en agtervolg die swartes. Toe die belhamel van die groep swartes sien daar kom iemand aangehardloop, breek hy weg van die groep en hardloop, maar voor hy vêr kon vorder, was Jaap se pa op hom en gee hom 'n goeie loesing. Vroeg die volgende oggend staan vier volwasse swartes met knopkieries voor hul deaur om met sy pa af te reken. Sy pa gryp toe ook 'n kierie en spring by die deur uit en begin so woes te slaan, links en regs en oor hulle koppe dat hulle moes vlug vir hul lewe. Daar was nie 'n bang haar op sy kop nie. Hy het op Kleinfontein, distrik Bethal, gewoon toe die oorlog begin het en is op 11/09/1901 te Boesmanskop op 39 jarige ouderdom gevange geneem en sy nommer was 22727.
Familie van Jacob Frederik van Eeden (Jaap)
(a1b4c5d3e4f5g1)