♂
Henry Nr.
a1b4c5d3e4f5
Volle naam
Jozua Francois Johannes van Eeden
Geslag
Manlik
Gebore
18/04/1834
Oorlede
13/10/1929
Middelburg, Eastern Cape, South Africa
Ouderdom
95jr 5mde 25dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Sterf op Bosmanspruit, dist. Middelburg; begrawe in familiekerkhof te Bosmanspruit; Jozua trek ná sy vader se dood, na raming ongeveer 1872, met sy vier seuns, twee broers, twee neefs, Gabriel en Jan Hendrik, en twee ooms, Barend en Piet, uit Swellendam noordwaarts. Hy gaan bly aanvanklik by sy oom Piet Gildenhuys te Losberg, aan die Mooirivier naby Potchefstroom. Hiervandaan trek hy na Brits-Beshuanaland (Botswana) maar hou nie van daardie wêreld nie en trek ná ses maande terug Transvaal toe en vestig hom op Van Collerskop, naby Balfour. Hier, tussen Balfour en Heidelberg het hy twee bure gehad, Piet Laubscher en Dolf Minnie. Dolf het ’n donkie gehad wat aanhoudend op Jozua se werf gepla het. Ná herhaalde vermanings om die donkie van sy werf af te hou, waaraan Dolf hom nie gesteur het nie, het Jozua die donkie gevang en in sy kraal geskut. Hy het Dolf laat weet dat hy sy donkie moet kom haal en die skutgeld ook moet saambring. Dolf het sy donkie kom los, maar was baie kwaad. Eendag ry Jozua te perd Heidelberg toe, en op pad ontmoet hy vir Dolf en Piet, albei lekker getrek, en Dolf haak af en slaan hy vir Jozua met die karsweep oor sy rug. Jozua ruk egter die sweep uit Dolf se hande uit en sit hulle agterna en slaan eers die een en dan die ander tussen die blaaie vir so ’n ent. Jozua trek later van Van Collerskop na die plaas Boesmansfontein, distrik Middelburg, en daarvandaan na Leeufontein en toe na Tweefontein, waar hulle tot die uitbreek van die Engelse oorlog gewoon het. Met die uitbreek van die oorlog het Jozua nog op die plaas gebly, maar sy nege seuns het by die kommando’s aangesluit. Eers toe die Engelse die plase begin verwoes, het Jozua op 66-jarige ouderdom op kommando gegaan. Sy seuns Jozua, Theuns en Freek het voltyds geveg. Michael is doodgeskiet toe hy op Lemoenfontein vir spioene in ’n stroois gesoek het. Jozua en sy twee seuns, Gert en Lewies, het vars klere wat hulle op Tweefontein begrawe het, gaan uithaal. Op pad terug Kommando toe sien hulle ’n groepie boere op ’n bult en ry soontoe. Toe hulle daar kom, was dit ’n klompie joiners. Hulle is toe deur hulle gevang en met die skip Orleans na St. Helena gestuur waar hulle in tent nr 174 in die Deadwood-kamp aangehou was. Jozua se prisoniersnommer was 26911, en teen dié tyd was hy al 68 jaar oud. Sy seuns, Jaap, Dirk en Frans, is een nag in ’n verrassingsaanval deur die Engelse gevang en na Indië gestuur, waar hulle aangehou was in Blok G, Shakjahampur NWP. Jozua het met die skip Cancolda teruggevaar na sy vaderland. Ná die oorlog het hy nie weer geboer nie, en hy en sy vrou het by hulle kinders gebly tot hul dood. Snaaks genoeg het drie van sy seuns Sappe gebly tot hul dood. Jozua was ’n strawwe pruimer en het altyd ’n vingerlengte van die sterkste pruimtabak wat deur ou Vermaak vervaardig was en by ou Minnaar se winkel te koop was, gepruim. Sy pruimpie was so groot dat as hy daarmee aan die slaap raak, sy kussing die volgende oggend ’n yslike kol opgehad het wat nie uitgewas kon word nie. Gevolglik moes sy vrou altyd daarna omsien dat die pruimpie uit sy mond verwyder is. Jozua was ’n baie gesonde man en het selfs tydens die griepepidemie nie siek geword nie. Hy is op ’n hoë ouderdom oorlede, nie aan ’n siekte nie. Hy het op tagtigjarige ouderdom nog baie vêr gestap en gereeld tussen sy kinders Jaap en Joos se plase gestap om te gaan kuier, wat ’n afstand van tien myl was. Hy het selfs op hierdie ouderdom eendag ’n perd van hom wat weggeloop het, op sy een seun se plaas gevang en met ’n riem in die bek en bloots teruggery huis toe. Hy het altyd met ’n borslengte kierie rondgeloop en eendag toe hy so deur sy seun Jaap se lande stap, sien hy ’n mooi waatlemoen. Hy steek die kierie daardeur en stap daarmee oor sy skouer ’n verdere drie myl om dit by die ander seun te gaan eet. Eendag kruip hy deur ’n draad, maar sy een been was toe al ’n bietjie swak om sy gewig te dra, en hy val. Toe sy seun Gert by hom kom, sê hy dit is die velskoene wat so glad is dat hy nie kon opkom nie - maar erken dat hy swak is nie, nooit! Jozua kon patats lank bewaar sonder dat dit muf, uitdroog of vrot deur dit in sand te verpak.

Lewenslyn

18/04/1834
Gebore
08/04/1860
Getroud met Susanna Petronella Maria van Eeden (nee Eksteen)
◎ Swellendam
31/03/1913
Nagelaat van Susanna Petronella Maria van Eeden (nee Eksteen)
13/10/1929
Oorlede
◎ Middelburg, Eastern Cape, South Africa

Wysigingsgeskiedenis

Gewysig
biography: Sterf op Bosmanspruit, dist. Middelburg; begrawe in familiekerkhof te Bosmanspruit; Jozua trek ná sy vader se dood, na raming ongeveer 1872, met sy vier seuns, twee broers, twee neefs, Gabriel en Jan Hendrik, en twee ooms, Barend en Piet, uit Swellendam noordwaarts. Hy gaan bly aanvanklik by sy oom Piet Gildenhuys te Losberg, aan die Mooirivier naby Potchefstroom. Hiervandaan trek hy na Brits-Beshuanaland (Botswana) maar hou nie van daardie wêreld nie en trek ná ses maande terug Transvaal toe en vestig hom op Van Collerskop, naby Balfour. Hier, tussen Balfour en Heidelberg het hy twee bure gehad, Piet Laubscher en Dolf Minnie. Dolf het ’n donkie gehad wat aanhoudend op Jozua se werf gepla het. Ná herhaalde vermanings om die donkie van sy werf af te hou, waaraan Dolf hom nie gesteur het nie, het Jozua die donkie gevang en in sy kraal geskut. Hy het Dolf laat weet dat hy sy donkie moet kom haal en die skutgeld ook moet saambring. Dolf het sy donkie kom los, maar was baie kwaad. Eendag ry Jozua te perd Heidelberg toe, en op pad ontmoet hy vir Dolf en Piet, albei lekker getrek, en Dolf haak af en slaan hy vir Jozua met die karsweep oor sy rug. Jozua ruk egter die sweep uit Dolf se hande uit en sit hulle agterna en slaan eers die een en dan die ander tussen die blaaie vir so ’n ent. Jozua trek later van Van Collerskop na die plaas Boesmansfontein, distrik Middelburg, en daarvandaan na Leeufontein en toe na Tweefontein, waar hulle tot die uitbreek van die Engelse oorlog gewoon het. Met die uitbreek van die oorlog het Jozua nog op die plaas gebly, maar sy nege seuns het by die kommando’s aangesluit. Eers toe die Engelse die plase begin verwoes, het Jozua op 66-jarige ouderdom op kommando gegaan. Sy seuns Jozua, Theuns en Freek het voltyds geveg. Michael is doodgeskiet toe hy op Lemoenfontein vir spioene in ’n stroois gesoek het. Joza en sy twee seuns, Gert en Lewies, het vars klere wat hulle op Tweefontein begrawe het, gaan uithaal. Op pad terug Kommando toe sien hulle ’n groepie boere op ’n bult en ry soontoe. Toe hulle daar kom, was dit ’n klompie joiners. Hulle is toe deur hulle gevang en met die skip Orleans na St. Helena gestuur waar hulle in tent nr 174 in die Deadwood-kamp aangehou was. Joshua se prisoniersnommer was 26911, en teen dié tyd was hy al 68 jaar oud. Sy seuns, Jaap, Dirk en Frans, is een nag in ’n verrassingsaanval deur die Engelse gevang en na Indië gestuur, waar hulle aangehou was in Blok G, Shakjahampur NWP. Jozua het met die skip Cancolda teruggevaar na sy vaderland. Ná die oorlog het hy nie weer geboer nie, en hy en sy vrou het by hulle kinders gebly tot hul dood. Snaaks genoeg het drie van sy seuns Sappe gebly tot hul dood. Jozua was ’n strawwe pruimer en het altyd ’n vingerlengte van die sterkste pruimtabak wat deur ou Vermaak vervaardig was en by ou Minnaar se winkel te koop was, gepruim. Sy pruimpie was so groot dat as hy daarmee aan die slaap raak, sy kussing die volgende oggend ’n yslike kol opgehad het wat nie uitgewas kon word nie. Gevolglik moes sy vrou altyd daarna omsien dat die pruimpie uit sy mond verwyder is. Jozua was ’n baie gesonde man en het selfs tydens die griepepidemie nie siek geword nie. Hy is op ’n hoë ouderdom oorlede, nie aan ’n siekte nie. Hy het op tagtigjarige ouderdom nog baie vêr gestap en gereeld tussen sy kinders Jaap en Joos se plase gestap om te gaan kuier, wat ’n afstand van tien myl was. Hy het selfs op hierdie ouderdom eendag ’n perd van hom wat weggeloop het, op sy een seun se plaas gevang en met ’n riem in die bek en bloots teruggery huis toe. Hy het altyd met ’n borslengte kierie rondgeloop en eendag toe hy so deur sy seun Jaap se lande stap, sien hy ’n mooi waatlemoen. Hy steek die kierie daardeur en stap daarmee oor sy skouer ’n verdere drie myl om dit by die ander seun te gaan eet. Eendag kruip hy deur ’n draad, maar sy een been was toe al ’n bietjie swak om sy gewig te dra, en hy val. Toe sy seun Gert by hom kom, sê hy dit is die velskoene wat so glad is dat hy nie kon opkom nie - maar erken dat hy swak is nie, nooit! Jozua kon patats lank bewaar sonder dat dit muf, uitdroog of vrot deur dit in sand te verpak. → Sterf op Bosmanspruit, dist. Middelburg; begrawe in familiekerkhof te Bosmanspruit; Jozua trek ná sy vader se dood, na raming ongeveer 1872, met sy vier seuns, twee broers, twee neefs, Gabriel en Jan Hendrik, en twee ooms, Barend en Piet, uit Swellendam noordwaarts. Hy gaan bly aanvanklik by sy oom Piet Gildenhuys te Losberg, aan die Mooirivier naby Potchefstroom. Hiervandaan trek hy na Brits-Beshuanaland (Botswana) maar hou nie van daardie wêreld nie en trek ná ses maande terug Transvaal toe en vestig hom op Van Collerskop, naby Balfour. Hier, tussen Balfour en Heidelberg het hy twee bure gehad, Piet Laubscher en Dolf Minnie. Dolf het ’n donkie gehad wat aanhoudend op Jozua se werf gepla het. Ná herhaalde vermanings om die donkie van sy werf af te hou, waaraan Dolf hom nie gesteur het nie, het Jozua die donkie gevang en in sy kraal geskut. Hy het Dolf laat weet dat hy sy donkie moet kom haal en die skutgeld ook moet saambring. Dolf het sy donkie kom los, maar was baie kwaad. Eendag ry Jozua te perd Heidelberg toe, en op pad ontmoet hy vir Dolf en Piet, albei lekker getrek, en Dolf haak af en slaan hy vir Jozua met die karsweep oor sy rug. Jozua ruk egter die sweep uit Dolf se hande uit en sit hulle agterna en slaan eers die een en dan die ander tussen die blaaie vir so ’n ent. Jozua trek later van Van Collerskop na die plaas Boesmansfontein, distrik Middelburg, en daarvandaan na Leeufontein en toe na Tweefontein, waar hulle tot die uitbreek van die Engelse oorlog gewoon het. Met die uitbreek van die oorlog het Jozua nog op die plaas gebly, maar sy nege seuns het by die kommando’s aangesluit. Eers toe die Engelse die plase begin verwoes, het Jozua op 66-jarige ouderdom op kommando gegaan. Sy seuns Jozua, Theuns en Freek het voltyds geveg. Michael is doodgeskiet toe hy op Lemoenfontein vir spioene in ’n stroois gesoek het. Jozua en sy twee seuns, Gert en Lewies, het vars klere wat hulle op Tweefontein begrawe het, gaan uithaal. Op pad terug Kommando toe sien hulle ’n groepie boere op ’n bult en ry soontoe. Toe hulle daar kom, was dit ’n klompie joiners. Hulle is toe deur hulle gevang en met die skip Orleans na St. Helena gestuur waar hulle in tent nr 174 in die Deadwood-kamp aangehou was. Jozua se prisoniersnommer was 26911, en teen dié tyd was hy al 68 jaar oud. Sy seuns, Jaap, Dirk en Frans, is een nag in ’n verrassingsaanval deur die Engelse gevang en na Indië gestuur, waar hulle aangehou was in Blok G, Shakjahampur NWP. Jozua het met die skip Cancolda teruggevaar na sy vaderland. Ná die oorlog het hy nie weer geboer nie, en hy en sy vrou het by hulle kinders gebly tot hul dood. Snaaks genoeg het drie van sy seuns Sappe gebly tot hul dood. Jozua was ’n strawwe pruimer en het altyd ’n vingerlengte van die sterkste pruimtabak wat deur ou Vermaak vervaardig was en by ou Minnaar se winkel te koop was, gepruim. Sy pruimpie was so groot dat as hy daarmee aan die slaap raak, sy kussing die volgende oggend ’n yslike kol opgehad het wat nie uitgewas kon word nie. Gevolglik moes sy vrou altyd daarna omsien dat die pruimpie uit sy mond verwyder is. Jozua was ’n baie gesonde man en het selfs tydens die griepepidemie nie siek geword nie. Hy is op ’n hoë ouderdom oorlede, nie aan ’n siekte nie. Hy het op tagtigjarige ouderdom nog baie vêr gestap en gereeld tussen sy kinders Jaap en Joos se plase gestap om te gaan kuier, wat ’n afstand van tien myl was. Hy het selfs op hierdie ouderdom eendag ’n perd van hom wat weggeloop het, op sy een seun se plaas gevang en met ’n riem in die bek en bloots teruggery huis toe. Hy het altyd met ’n borslengte kierie rondgeloop en eendag toe hy so deur sy seun Jaap se lande stap, sien hy ’n mooi waatlemoen. Hy steek die kierie daardeur en stap daarmee oor sy skouer ’n verdere drie myl om dit by die ander seun te gaan eet. Eendag kruip hy deur ’n draad, maar sy een been was toe al ’n bietjie swak om sy gewig te dra, en hy val. Toe sy seun Gert by hom kom, sê hy dit is die velskoene wat so glad is dat hy nie kon opkom nie - maar erken dat hy swak is nie, nooit! Jozua kon patats lank bewaar sonder dat dit muf, uitdroog of vrot deur dit in sand te verpak.
Danie van Eeden · 21 Okt 2026 19:27
Geskep
Jozua Francois Johannes van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 21 Okt 2026 19:12