Bonnievale, Western Cape, South Africa
Biografie
1943 matrikuleer aan Robertson Hoërskool waarna hy hom vir boerdery gaan voorberei by die Oakdale Landbouskool net buite Riversdale; 1945 begin boer saam met sy pa en in 1949 het hy die boerdery oorgeneem. Op skool het hy gewys dat hy 'n talent vir rugby het en het op 18 jarige ouderdom sy eerste internasionale wedstryd vir Suidelike Distrikte gespeel. Hy was 'n sterk voorry man en het in 1951 in die Springbok proewe gespeel. Hy het ook vir Boland en agt jaar lank vir Suidwestelike Distrikte uitgedraf. Hy het ook op verskeie komitees gedien en was vir 22 jaar direkteur van die Sentrale Suid Koöperasie op Swellendam. Op Mardouw het hy met vee, perskes, wingerd en 'n melkery geboer tot sy aftrede in 1983 om die boerdery aan sy twee seuns Frikkie en Schalk oor te laat wie toe die vyfde van Eeden geslag word om dié deel van Nooitgedacht te boer. Die ander dele van Nooitgedacht het in vreemde hande beland. Jaap woon in 1998 al vir 15 jaar as afgetrede boer te Forreststraat, Bonnievale wat die naaste dorp aan Mardouw is.
Familie van Jacob Douw van Eeden (Jaap)
(a1b4c5d3e1f5g9h1i2)