Bethal, Mpumalanga, South Africa
Biografie
Gebore op Rietfontein, distrik Bethal. Toe hy 5 jaar oud was, trek hulle na die plaas Spioenkop, distrik Standerton. Dit was oorlogsjare en hy kon nog goed die vliegtuie onthou. Vegloodse het hulle opleiding op Wildealskop net oor hulle bult ontvang. Baie Spitfire vliegtuie het in die proses verongeluk. Byna daagliks was vliegtuigwrakke en beskadigde vliegtuie grootpad langs ingesleep Standerton toe. Francois begin sy skoolloopbaan in die Sonder End skool op Sukkelaar. Vanaf std. 2 woon hy die Bethal Laerskool by (later verdoop na Laerskool H.M. Swart). Hy slaag std. 8 aan die Hoogenhout Hoërskool op Bethal. Na skool beklee hy verskeie betrekkings en bevind hom naderhand in diens van die Poskantoor, eers as klerk en later as posmeester. Hy was ook vir ses en 'n half jaar posmeester op die skilderagtige Pelgrimsrus. Francois stel belang in skryfwerk en het vroeër 'n hele paar kortverhale gepubliseer. Hy was ook lid van Pretoria Atletiekklub en het vir Bethal, Oostelikes onder 19 en Innesdal rugby gespeel. Hy is 1995 'n afgetrede posmeester en hou homself besig met houtwerk en navorsing; 1990 woon 18de Laan, Rietfontein.
Familie van Jozua Francois van Eeden
(a1b4c5d3e4f5g3h1i1)