♂
Henry Nr.
a1b4c5d3e4f5g3h1
Volle naam
Jozua Francois van Eeden
Noemnaam
oom Joos
Geslag
Manlik
Gebore
30/01/1896
Oorlede
18/04/1990
Pretoria, Gauteng, South Africa
Ouderdom
94jr 2mde 19dae
Status
Oorlede
Bygevoeg deur
Danie van Eeden

Biografie

Sterf te Pretoria aan kanker; begrawe op Bronkhorstspruit na diens in Hervormde Kerk, Villieria. Hy was ongeveer 3 jaar en 9 maande oud toe die Anglo-boereoorlog uitbreek, en word op 5-jarige leeftyd saam met sy moeder en drie broers gevang en deur die Engelse met ossewaens vervoer tot by Swaziland se grens. Van daar kom hulle weer terug tot by Wonderfontein stasie waar hulle in oop steenkooltrokke gelaai was en na Middelburg konsentrasiekamp vervoer was. 'n Deel van sy kinderjare het hy in die konsentrasiekamp deurgebring, waarvoor hy 'n Oorkonde ontvang het. Hy word ook genoem in die Kampkinders Gedenkboek 1900-1902 in ererol op bladsy 21 en die vyfde laaste foto heel agter in die boek. Sy skoolloopbaan begin eers na die oorlog op 8-jarige ouderdom. Weens skole wat sluit en ander omstandighede was sy skoolopleiding taamlik gebroke maar slaag nogtans daarin om std. 4 te voltooi. Tydens die rebelle van 1914 was daar eenkeer op hom geskiet deur regeringstroepe waar hy by 'n pan besig was om perde bymekaar te maak. Met die 1922 staking aan die Rand, weier hy oproepinstruksies omdat hy nie met 'n wettige kommandeerlys opgekommandeer was nie. Hy en verskeie ander verskyn in die hof op Middelburg en word gevonnis tot tronkstraf met 'n keuse van 'n boete. Hy weier om die boete te betaal en sit een nag in die selle waar hulle hul trommeldik geëet het aan die geregte wat die dorpenaars aangedra het. Die volgende dag het twee van sy broers teen sy sin die boete betaal.

Na sy troue boer hy vir ene Erasmus op die plaas Lemoenfontein. Later behartig hy sy oom Lewies se veeboerdery naby Bethal. Vanaf 1939 tot 1942 is hy 'n deelsaaier op Spioenkop naby Standerton. Daarna woon hy vanaf 1942 tot einde 1944 op Rietfontein naby Sukkelaar stasie. In 1945 trek hy na Bethal waar hy hom toespits op kleinerige messelwerkies en verfwerk. Hy was ook vir 'n jaar lank 'n faktotum by Hoogenhout Hoërskool. Gedurende 1950 aanvaar hy 'n betrekking by die Munisipaliteit as swembadsuperintendent en later word hy superintendent van parke en kerkhowe. Na sy aftrede werk hy nog tydelik as skutmeester. In sy vrye tyd was hy ook haarkapper, skoenmaker, horlosiemaker, kok, bakker en het karwielbande gekort, draad gespan en in die oorlagsjare as blikslaer vir die mense stoofpype gemaak. Op 92-jarige ouderdom het hy nog in die somerhitte heeldag in die tuin gewerk. Sedert sy vrou se dood het hy by sy seun en skoondogter gebly. Op ouderdom 92 jaar het hy 'n groot breukoperasie ondergaan. In dieselfde jaar kry hy 'n beroerte-aanval en word in Ons Tuin in Riviera, Pretoria, opgeneem vir versorging. Na die beroerte het sy verstand weer helder geword en kon hy weer 100 meter vêr stap.

Lewenslyn

30/01/1896
Gebore
28/09/1926
Getroud met Martha Maria van Eeden (nee Venter)
16/12/1973
Nagelaat van Martha Maria van Eeden (nee Venter)
18/04/1990
Oorlede
◎ Pretoria, Gauteng, South Africa

Wysigingsgeskiedenis

Geskep
Jozua Francois van Eeden
"Uit die van Eeden boek."
Danie van Eeden · 23 Okt 2026 21:40