Biografie
Gebore in ou opstal van Rheenendal wat in 1916 herbou is; sterf Maandag 12:15 vm aan long en brein kanker; Begrawe Vrydag 11 Sept. te Swellendam. Hy erf die helfte van sy pa se plaas wat bestaan het uit een van die vier dele wat sy pa geërf het en die dele wat sy pa van sy broers Attie en Seppie gekoop het. Hy het in die dae van die jong Turke amper vir mnr Myburg Streicher as Kaapslandse SAP leier gelig - verw. Beeld Des. 1979. Op vroeë ouderdom word hy provinsiale organiseerder van die Verenigde Party se jeugorganisasie. In 1973 is hy gekies as voorsitter van die Suid-Kaapse streeksraad van die Verenigde Party in Kaapland. Hy het ook uitgeval as kandidaat vir die parlementêre kiesafdeling van Vasco waar hy gestaan het. In die landbou het hy ’n leidende rol gespeel en was hy bekend as ’n Jersey-stoetboer. Hy was voorsitter van die Kaapse Suiwel Koöperasie en ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Suiwelraad. Hy was ook voorsitter van die Sentrale Suiwel Koöperasie en voorsitter van SACCA. Hy was 21 jaar lank direkteur en 17 jaar lank voorsitter van die Boesmansrivier Koöperatiewe Kaasfabriek. Hy was ook voorsitter van die SA Bessiekwekersvereniging en het ook gedien op die bestuur van die SA Landbou-unie. By dit alles het hy nog geboer ook op sy deel van die ou familieplaas Rheenendal.
Familie van Jacobus Willem van Eeden (Kobus Yster)
(a1b4c5d3e1f5g7h7i1)