Magwero, Eastern Province, Zambia
Stellenbosch, Western Cape, South Africa
Biografie
Geboorte plek aangegee as Magwero, Nyasaland (nou Malawi); sterf op Neethlingstraat 7, Stellenbosch; na sy moeder se dood word hy grootgemaak deur ds AF Louw van die Karoo. Gedurende 1932/1933 het hy 'n Beit Beurs van Suid-Rhodesië gekry en sy studies daarmee voltooi. Later het hy in Berlyn en Hamburg onder prof. Westurmann en Meinfof studeer met 'n Marensky Beurs, maar moes vlug toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek en kon nie sy studies oor Tonetiek heeltemal voltooi nie. Daarna het hy baie gevorderde Zoeloe grammatika geskryf en die enigste wat tot 1986 in gebruik was. In 1936 aangestel as lektor in Bantoetale aan Univ. Stellenbosch, word later professor en dien tot 1953. Hy was die eerste persoon in Suid Afrika wie in ca. 1934 'n Doktorsgraad in Bantoetale verwerf het.
Familie van Bernardus Izak Christiaan van Eeden
(a1b4c5d1e8f1g4h4i1)